Test

Die Bo-Kaap en Afrikaans.

“Ons geskiedenis maak ons ryk. Was dit nie vir die slawe en die Khoisan nie sou Afrikaans nooit bestaan het nie ... Ons taak is baie groot ... om die ware storie van Afrikaans wyd en syd te vertel.” – Max du Preez.

Die ATKV (Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging) het op Saterdag, 24 Maart (2018), die eerste in ‘n reeks gesprekke aangebied en die invloed van die mense van die Bo-Kaap op die ontwikkeling van Afrikaans was onder die loep.

ATKV-Tienertoneel skep ʼn nuwe geslag teatermakers

Een van die hoogtepunte op die ATKV se kalender is die jaarlikse ATKV-Tienertoneelkompetisie waar hoërskoolleerders die geleentheid kry om deel te word van ʼn unieke teaterervaring. Hierdie kompetisie het verlede jaar nagenoeg 190 produksiegroepe gehad wat deelgeneem het en die ATKV hoop om vanjaar nog meer inskrywings te ontvang.

Wie dink jy is jy? Vind uit by FEDSAS se 2018-leerdersberade!

FEDSAS het Saterdag, 10 Februarie hul eerste leerdersberade vir 2018 in George en Oudtshoorn aangebied. Dit was in samewerking met die onderskeie munisipaliteite, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, Afrikaans.com, die ATKV en die Afrikaanse Taalraad (ATR). FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame. FEDSAS lig in, organiseer, mobiliseer en ontwikkel hul lede om die hoogste internasionale standaarde te bereik en te behou.